Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Advertensieverteenwoordiger

Advertensieverteenwoordiger
 
2010-11-04


MEDIA24 KOERANTE
Advertensieverteenwoordiger
Home-Ads 'n afdeling van Media24 benodig die dienste van 'n Advertensieverteenwoordiger by Paarl Post in die Paarl.
Sleutelprestasie-areas
• Bereik en oorskry verkoopsteikens
• Verkoop advertensieruimte
• Handhaaf 'n hoë vlak van kontak met bestaande kliënte en werf ook nuwe kliënte
• Werk aan toegewese projekte en werf nuwe besigheid
• Moniteer mededingers deeglik
• Hou kliëntebasis in stand
• Bevorder en hou Home-Ads-handelsmerk te alle tye in stand
• Hou alle administratiewe werk op datum
Kwalifikasies en ervaring
• Verkoopservaring
• Matriek noodsaaklik en moet Afrikaans en Engels vlot kan praat
• MS Office Suite
• Kennis van die reklamebedryf voordelig
• Tegniese kennis van reklamestelsels en drukprosesse voordelig
• Uitstekende interpersoonlike vaardighede (moet tot op besturende direkteursvlak met kliënte kan skakel)
• Geldige rybewys is noodsaaklik asook eie vervoer
Vaardighede vereis
• Funksioneer goed onder geweldige druk
• Goeie telefoonetiket
• Ingesteldheid op detail
• Vermoë om op die hoogste vlak te skakel en te onderhandel
• Uitstekende tydbestuur
• Uitstekende organisasie- en administratiewe vaardighede
• Verkoops- en oorredingsvermoë
• Voorleggingsvaardighede noodsaaklik
In ruil vir die suksesvolle kandidaat se dienste bied die maatskappy ? mededingende vergoedingspakket, asook lidmaatskap van die aftree- en mediese fonds vir persone wat daarvoor kwalifiseer.
Rig asseblief u aansoek aan ilse.fourie@paarlpost.co.za
SLUITINGSDATUM: 12 November 2010
Neem asseblief kennis dat indien u teen 30 November 2010 geen terugvoering ontvang het nie, u die aansoek as onsuksesvol moet beskou.
Ingevolge Media24 se diensbillikheidsbeleid sal aan geskikte kandidate uit die aangewese groepe voorkeur gegee word.







More News
  • Administratiewe Pos
  • WAITERS
  • Meat Processing Expert / Block Man
  • Senior boekhouer
  • REGISTERED PROFESSIONAL OR STAFF NURSE
  • Occupational Therapist
  • De Oude Renbaan - Paarl
  • ADMINDAME-POSISIE
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za