ADMINISTRATIEWE SEKRETARESSE
2010-11-11
PAM GOLDING ADMINISTRATIEWE SEKRETARESSE Paarl en omgewing
POSBESKRYWING
Om die Pam Golding handelsmerk te bevorder deur professionele en vriendelike hantering van kliënte en besigheidsnavrae, hetsy telefonies of deur persoonlike kontak, die koördinering van alle administratiewe take in die kantoor en akkurate aktes-verwerking.
VERANTWOORDELIKHEDE
• Algemene kantoorverpligtinge soos bestellings van kantoorbenodigdhede, skryfbehoeftes, korrespondensie, faks en liasseerwerk • Voorbereiding van advertensies en skouhuise • Vaslegging van inligting op maatskappy-sagteware, asook elektroniese korrespondensie • Skakelbord en hantering van die ontvangsarea • Sekretariële pligte vir agente • Korrespondensie soos briewe aan prokureurs, kopers en verkopers • Akkurate opvolgwerk van onder meer uitstaande betalings en veranderinge aan oorspronklike koopkontrakte • Stel prokureurs in kennis van ontvangs van deposito's • Organiseer en koördineer elektriese inspeksies en sertifikate • Sorgvuldige en akkurate liassering van dokumente
VEREISTES
• Matriek met naskoolse administrasie/sekretariële kwalifikasie is verpligtend • 2-3 Jaar sektretatriële ondervinding is verpligtend • Vorige ondervinding in aktewerk sal 'n aanwins wees (2-3 jaar) • Tweetaligheid (Afrikaans en Engels) is verpligtend • Vriendelike kliëntingesteldheid • Professionaliteit • Ingesteldheid op akkuraatheid en detail • Numeriese vaardigheid • Rekenaargeletterd (MS Office, MS Outlook, Internet)
Sou u huidige werkservaring aan ons vereistes voldoen, stuur 'n skriftelike motivering met u CV aan Emil Jung by emil.jung@pamgolding.co.za, of stuur 'n faks na 021 851 2637.
Aansoeke sonder 'n skriftelike motivering sal nie oorweeg word nie. Sou u nie terugvoer van ons binne 14 dae van u aansoek ontvang het nie, beskou dit asseblief as onsuksesvol.
More
News
|