SIRKULASIEKLERK
2010-11-25
SIRKULASIEKLERK
Paarl Post het 'n uitdagende geleentheid vir 'n dinamiese sirkulasieklerk gebaseer in die Paarl. Die suksesvolle kandidaat sal rapporteer aan die bestuurder.
Sterk organisatoriese- en leierseienskappe is 'n voorvereiste vir die pos. Die suksesvolle kandidaat sal in 'n dinamiese omgewing deel wees van 'n span wat medeverantwoordelik is vir die sirkulasiegroei en bemarking van leidende mediaprodukte en sal verantwoordelik wees vir Paarl Post.
Verantwoordelikhede behels onder meer:
Bestuur van die operasionele sirkulasiebedryf van die gemeenskapskoerante met 'n fokus op verkoopsontwikkeling en markontginning. Onderhoud en uitbouing van alle verkoopskanale waarin die koerante aangebied word. Uitvoer van die koerante se sigbaarheids- en beskikbaarheidstrategie in die streek. Waarneming, ontleding en verslagdoening oor verkope en marktendense. Die handhaaf van verhoudings met kliλnte en agente en die bestuur van kontrakteurs. Die verspreiding en vordering van die koerante.
Vereistes:
Matriek of gelykwaardige ondervinding. Die pos vereis 'n selfgemotiveerde persoon met sterk leierseienskappe en innoverende denke. Ervaring van sirkulasie- en bemarkingsprosesse in die gedrukte media sal 'n aanbeveling wees Goed ontwikkelde bestuur- en toesighouers- en interpersoonlike vaardighede. Goeie kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels is 'n vereiste. Rekenaarvaardigheid veral in Excel, PowerPoint en Word. 'n Geldige rybewys is verpligtend.
Die maatskappy bied aan die suksesvolle kandidaat 'n markver-wante salaris, wat 'n 13de tjek insluit sowel as pensioen- en mediese fondsvoordele.
Persone wat belang stel word gevra om hulle CV per e-pos te stuur na: communities@media24.com of faks na 021 406 2894.
SLUITINGSDATUM: 3 Desember 2010
As u teen 10 Desember 2010 nie van ons gehoor het nie, beskou u aansoek as onsuksesvol.
Ingevolge Media24 se diensbillikheidsbeleid sal aan kandidate uit die aangewese groepe voorkeur gegee word.
More
News
|