Debiteure-klerk
2010-12-02
To-Nett's Bloemiste benodig die dienste van 'n Debiteure-klerk wat die pos kan vul vanaf 17.01.2011 Vereistes is as volg: 1. Persoonlikheid: betroubaar, vriendelik, spontaan, entoesiasties, selfversekerd en nie-roker. 2. Algemeen: Beskik oor 'n goeie gesondheid. Bereid wees om oortyd te werk asook elke 2de Saterdag. Ten volle tweetalig en goed kan kommunikeer. Akkuraat onder druk kan funksioneer. Beskik oor 'n geldige rybewys. Werksure is Maandag tot Vrydag 08:00 - 17:00 en Saterdae 08:00-13:00. Salaris is markverwant. 3. Ondervinding/Opleiding in die volgende: Beskik oor 'n senior sertifikaat. Rekenaargeletterd, syfervaardig. Kennis van die volgende programme; Pastel, Word en Excel. Vorige ondervinding en deeglike kennis van Pastel is 'n vereiste. Hantering van kliënte, persoonlik en telefonies. Verkorte weergawe van CV met afskrif van ID moet persoonlik tussen 08:00 en 17:00 by To-Nett's Bloemiste, Hoofstraat 41, Paarl afgegee word.
More
News
|