ADMINISTRATIEWE ASSISTENT
2011-01-27
Wellington Gholfklub benodig die dienste van ‘n ½ dag (5 ure) pos van ADMINISTRATIEWE ASSISTENT
Die ideale persoon is ‘n goeie kommunikeerder, tweetalig (Afrikaans en Engels), georganiseerd, moet onafhanklik kan werk en druk kan hanteer.
Aanstelling verg ten minste ‘n Senior Sertifikaat, vyf jaar toepaslike ondervinding van kantooradministrasie en rekenaarbevoegdheid (MS Office en Pastel)
Die pos se pligte sal onder meer die volgende behels:
• Ontvang, kontroleer en invoer van kroeglesings • Rekonsiliasie van kredietkaartstrokies • Invoer van kwitansies • Invoer van debiteure / krediteure • Invoer en opstel van lede en ledegelde • Kantooradministrasie (liasseer, pos- hantering, tik, voorraad) • Ontvangs (telefone, besoekers)
Vergoeding is onderhandelbaar en in ooreenstemming met kwalifikasies en ondervinding.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.
Rig u CV voor 7 Februarie 2011 aan die Voorsitter, Wellington Gholfklub, Posbus 725, Wellington, 7654
Indien u geen terugvoering binne twee weke ná die sluitingsdatum ontvang het nie, kan u aansoek as onsuksesvol beskou word.
More
News
|