PROJEKBESTUURDER
2011-01-27
PROJEKBESTUURDER: GRONDHERVORMING (Paarl)
Hortgro Dienste verlang die dienste van 'n gekontrakteerde Projekbestuurder om Grondhervormingsprojekte pro-aktief te identifiseer, die ontwikkeling van detail besigheidsplanne te fasi-liteer, projekte te inisieer en te koördineer en vir 'n opvolgperiode te ondersteun.
Die persoon sal in die Wes-Kaap gesetel wees, maar sal nasionaal opereer. Die pos sal 'n breë landbou-fokus hę en nie uitsluitlik op sagtevrugte fokus nie.
Die suksesvolle kandidaat sal die vermoë moet hę om insette van kundiges op talle terreine te koördineer en samehangend in besigheids- en finansieringsplanne te integreer.
Pligte: • Om SEB en grondbesit deur swart mense te bevorder; • Om besigheidsplanne op te stel of te fasiliteer om volhoubare ondernemings wat deur swart persone besit of bestuur word daar te stel; • Implementering van goedgekeurde besigheidsplanne; • Om prosesse in plek te sit om potensiële entrepreneurs as begunstigdes van bemagtigingsprojekte te sif; • Om insette van 'n poel van kundiges en kontrakteurs te koördineer om opkomende produsente tot volhoubare kommersiële wasdom te begelei; • Om bestaande swart ondernemings en onder andere die lede van die Sagtevrugte Ontwikkelingskamer te help om suksesvol te ontwikkel in 'n hoogs kompeterende markverwante omgewing.
Vereistes
• 'n B- of BSc-graad met Landbou-ekonomie as spesialiteitsveld en 'n minimum van 5 jaar ondervinding in 'n kommersiële- of bemarkingsomgewing; • Deeglike finansiële / landbou-ekonomiese begrip en ondervinding met opstel van komplekse besigheidsplanne; • Uitstekende openbare betrekkinge; • Rekenaargeletterdheid; • Organisering-/beplanningsvermoëns en administratiewe kennis is essensieel; en • Kennis van/of blootstelling mbt landbouproduksie. Aanbevelings • Analitiese vaardighede. • Strategiese- en globale perspektief. • Uitstekende verbale en geskrewe kommunikasievaardighede. (Afr. & Eng.) • Visuele aanbiedingsvaardighede. • Gedetermineerde en gemotiveerde self-ontwikkelaar. Vergoedingspakket • Onderhandelbare salarispakket, afhangende van die kwalifikasie en ondervinding van die geselekteerde persoon.
Neem asb kennis dat hierdie 'n kontrakpos is met 'n termyn van 3 jaar!
Stuur u CV aan: Retha Louw, Hortgro Dienste Posbus 163, Paarl, 7622 Faks: 021-870-2915 • Tel: 021-870-2900 E-pos: retha@hortgro.co.za Sluitingsdatum: 4 Februarie 2011
More
News
|