1X MAATSKAPLIKE WERKER
2011-02-10
1X MAATSKAPLIKE WERKER (Kontrakpos 1 Junie 2011 - 30 Oktober 2011)
Aansoeke word ingewag vir ’n gekwalifiseerde Maatskaplike Werker wat by die Suid-Afrikaanse Raad vir Maatskaplike Diens Professies (SACSSP) geregistreer is en oor ‘n geldige rybewys beskik.
Die suksesvolle kandidaat sal beskik oor:
- Uitstekende interpersoonlike verhoudings
- Mondelinge en skriftelike kommunikasie- vermoëns in Afrikaans en nog een amptelike landstaal
- Die vermoë om onder druk te kan funksioneer
- Die vermoë om in ‘n span saam te werk en netwerke te vestig
Die volgende sal ‘n sterk aanbeveling wees:
- Vorige ervaring van programontwikkeling en projekbestuur
- ’n Deeglike kennis van Maatskaplike Wetgewing en ervaring van statutêre werk
- Rekenaargeletterdheid
Salaris: Onderhandelbaar binne die salarisskaal van Kindersorg Suid-Afrika.
Sluiting: 11 Maart 2011
Stuur u CV aan: Die Voorsitter Kindersorg Suid-Afrika Paarl, Posbus 1030, Huguenot, 7645 of per faks 021-862-7331
More
News
|