Bemarking en verkope in die Gasvryheidsbedryf
2011-02-10
RHEBOKSKLOOF WYNLANDGOED
Rhebokskloof Wynlandgoed is op soek na ’n dinamiese persoon met ondervinding in bemarking en verkope in die Gasvryheidsbedryf. Die persoon sal verantwoordelik wees vir die bemarking, groei en verkope van korporatiewe funksies, troues, privaat funksies en konferensies.
Die geskikte kandidaat moet oor die volgende minimum kwalifikasie en ondervinding beskik:
• Diploma in bemarking en verkope, verkieslik in die gasvryheidsbedryf
• Minimum van 5 jaar ondervinding
• Goeie netwerk van potensiële kliënte, veral in die korporatiewe omgewing
• Sterk verkope georiënteerd en bereid om op ’n gedeeltelike kommissiebasis te werk
• Selfgemotiveerd en onafhanklik
Verantwoordelikhede sluit in, maar is nie beperk tot:
• Die samestelling, implimentering en uitvoering van ’n verkope-plan wat in lyn is met die doelwitte van die maatskappy.
• Weeklikse terugrapportering t.o.v. verkope.
• Sterk onderhandelingsvermoë
Alle aansoeke moet ons bereik teen Woensdag 16 Februarie 2011 Stuur aansoeke na: consulting@tsm.co.za
More
News
|