ADVERTENSIE-BESTUURDER
2011-02-17
ADVERTENSIE-BESTUURDER: WESLANDER
Weslander het tans 'n uitdagende geleentheid vir 'n Advertensiebestuurder in hul Vredenburg kantoor. Die persoon sal direk aan die Groep Advertensiebestuurder rapporteer.
Hoofverantwoordelike sluit die volgende in:
Die opstel, beheer en behaal van begrotings Aspekte van Personeelbestuur, insluitend die aanstel en monitering van personeel Omsetbestuur en produkontwikkeling, insluitend dryf van omsetbegrotings, kontroles, verbetering van markaandeel om inkomstebegrotings te behaal, marknavorsing asook bemarking van advertensies by kleinhandel besigheidseienaars en spesialis dienste. Strategiese beplanning en uitbreiding van bestaande produkreeks op funksionele vlak Identifisering van nuwe projekte en ondersoek na die lewensvatbaarheid en uitvoerbaarheid van sulke projekte Loodsing en dryf van projekte Bestuur van transformasieproses asook mensebestuur en -ontwikkeling Selfontwikkeling om op hoogte te bly van ontwikkelinge in die bedryf Vereistes: Bewese ervaring in advertensiewese, verkieslik op bestuursvlak Relevante opleiding en/of graad of diploma Ervaring in marknavorsing en projekbestuur Uitstekende interpersoonlike vaardighede asook die vermoλ om verhoudings met mense op alle vlakke op te bou Kennis van en ervaring in die opstel van begrotings Besigheidsvernuf Volledig tweetalig in Engels en Afrikaans Goeie tydsbestuur en behaal van doelwitte
Indien u aan die bogenoemde vereistes voldoen, rig 'n CV en motiveringsbrief aan communities@media24.com. Verwysings: AM WESKUS in die onderwerplyn.
Die sluitingsdatum vir aansoeke is: 18 Februarie 2011 Indien u nie teen 4 Maart 2011 van ons gehoor het nie, beskou asseblief u aansoek as onsuksesvol.
Ingevolge Media24 se diensbillikheidsbeleid sal aan geskikte kandidate uit die aangewese groepe voorkeur gegee word. Die maatskappy is onder geen verpligting om die pos te vul nie.
More
News
|