Versekeringsadviseur
2011-04-14
OVERBERG AGRI
Overberg Agri is ‘n gevestigde en gerespekteerde landboumaatskappy, wat deur middel van verskeie takke en afdelings regoor die gebied, ‘n noodsaaklike diens in die Suid-Kaap lewer.
Ons beskik tans oor die volgende vakature en soek ‘n hardwerkende persoon om by ons wenspan aan te sluit.
Versekeringsadviseur Caledon & Paarl
Met sy/haar minimum van 3-5 jaar ervaring van die bemarking van korttermynversekering, goeie produkkennis en uitstekende menseverhoudinge, is die versekeringsadviseur verantwoordelik vir die volgende:
• die bemarking van korttermyn- en oesversekering, mediese, begrafnisskema-, asook ander produkte in veral die landbousektor • hantering van polisnavrae en -hernuwings • bevordering van kliëntediens. Benewens die nodige ervaring verg aanstelling ten minste ‘n Senior Sertifikaat (Gr12) met FAIS akkreditasie wat insluit die suksesvolle aflê van regulatoriese eksamens.
‘n Toepaslike naskoolse kwalifikasie sal in aansoekers se guns tel, maar rekenaarvaardigheid, akkuraatheid en die vermoë om effektief onder druk te funksioneer is verpligtend. ‘n Bestaande kliëntebasis sal tot u voordeel strek.
Ingevolge die maatskappy se Gelyke Indiensnemingsplan sal aan geskikte kandidate uit die aangewese groepe voorkeur gegee word.
‘n Markverwante vergoedingspakket word aangebied met inagneming van ondervinding. Aansoeke kan gerig word aan Denmarié Muller per faks 028-212-1759 of e-pos: recruitments@overbergagri.co.za
Sluitingsdatum is 20 April 2011
Indien u nie binne 6 weke na die sluitingsdatum terugvoer ontvang het nie, kan u aanneem dat u aansoek onsuksesvol was. Overberg Agri behou die reg voor om 'n aanstelling te maak.
More
News
|