Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


KLERK

KLERK
 
2011-06-02


PAARLVALLEI BOTTELERING (EDMS) BPK
PAARL VALLEY BOTTLING (PTY) LTD

Die volgende vakature bestaan in die sertifiseringsafdeling by Paarlvallei Bottelering se aanleg wat net buite Wellington geleλ is:

KLERK

Die sleutelverantwoordelikhede van die pos sentreer rondom:

• Die hantering en kontrolering van etikette
• Skakeling met kliλnte, verskaffers en relevante regeringsinstansies
• Voorleggings
• Voorraadopnames
• Algemene administrasie

Om vir die pos in aanmerking te kom, moet die aansoeker aan die volgende voldoen:

• Graad 12
• Bogemiddelde rekenaarvaardighede
• Sober gewoontes
• Goed met syfers kan werk
• Onder druk kan werk
• Baie goed verbaal en skriftelik kan kommunikeer
• Gesond wees om fisiese take te kan verrig

Die volgende sal die aansoek verder ondersteun:

• Enige ander relevante naskoolse kwalifikasie
• Kennis van SAWIS-voorleggings en relevante administrasie
• Kennis en ondervinding van 'n kelder, wyn- en ander verwante produkte-omgewing.
• Kennis van kwaliteitstelsels soos ISO, BRC en HACCP.

Indien u aan bogenoemde voldoen, sal ons baie graag van u wil hoor. Faks u aansoek na 086 618 8595 vir aandag Cheryl van Schalkwyk voor of op 8 Junie 2011 of e-pos na schalkwykc@pvbm.co.za
Indien u nie binne twee weke nα die sluitingsdatum van ons verneem het nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.



More News
  • Administratiewe Pos
  • WAITERS
  • Meat Processing Expert / Block Man
  • Senior boekhouer
  • REGISTERED PROFESSIONAL OR STAFF NURSE
  • Occupational Therapist
  • De Oude Renbaan - Paarl
  • ADMINDAME-POSISIE
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za