LANDBOUBEMARKER
2011-06-09
PRISMA
Is u 'n ervare bemarker op soek na 'n opwindende loopbaangeleentheid by 'n vooraanstaande speler in die verpakkingsmateriaalbedryf?
LANDBOUBEMARKER
Prisma Verpakking is 'n vooruitstrewende maatskappy wat verpakkingsmateriaal en agriprodukte aan kliënte en hulle depots dwarsoor die land versprei.
Met groei en uitbreiding as uitgangspunt, is hierdie pos in die Paarl-area (Paarl, Wellington, Franschhoek, Stellenbosch, Hermon, Riebeek-Wes, Malmesbury) ideaal geskik vir 'n dinamiese kandidaat met 'n verantwoordelike en sterk diensleweringsorïentasie.
Die suksesvolle kandidaat sal aan die nasionale bemark-ingsbestuurder rapporteer en oorhoofse verantwoorde-likheid aanvaar vir die bemarking van die volledige reeks landbouprodukte in die area, met spesifieke fokus op funksies soos die posisionering en groei van die Prisma handelsmerk in die area
• die vestiging en uitbreiding van langtermynverhoudings met verskaffers en produsente in die mark
• die bemarking en verkope van pakmateriaal en ander agriprodukte
• operasionele dienslewering volgens ooreengekome standaarde, diensleweringsooreen-komste en unieke behoeftes van kliënte
• algemene en finansiële bestuur asook administrasie.
Benewens uitstekende verhoudingsvaardighede beskik die posbekleër ook oor 'n toepaslike tersiêre kwalifikasie 'n bewese suksesrekord in bemarking en dienslewering (ten minste 5 jaar toepaslike ondervinding in die bemar-king van agriprodukte)
• goeie mondelinge en geskrewe kommunikasievaardighede
• selfvertroue en interper-soonlike vaardighede ten einde die vertroue van kliënte te verkry
• selfgemotiveerd en die dryfkrag om te presteer in 'n mededingende omgewing
• goeie besigheidskontakte en 'n goed gevestigde netwerk binne die agri-omgewing bereidwilligheid om lang ure te werk en bogemiddelde hantering van druk.
Indien u voel u is toepaslik toegerus vir hierdie pos, rig gerus u CV, dekbrief (met melding van u huidige vergoedingspakket) en die besonderhede van drie kontakbare referente, in vertroulikheid aan Johan du Plessis by johan@prismapackaging.com teen nie later nie as 17 Junie 2011.
Enige navrae kan aan dieselfde adres gerig word. Die vergoedingspakket sal markgerig wees.
Slegs kandidate op die kortlys sal gekontak word binne vier weke ná die sluitingsdatum. Die maatskappy behou die reg voor om nie onderhoude te voer of die pos te vul nie.
More
News
|