Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


INSTANDHOUDINGSTEGNIKUS

INSTANDHOUDINGSTEGNIKUS
 
2011-07-28


WINDMEUL EGGS

Windmeul Eierboere, met hul aanleg geleë net buite die Paarl, beskik tans oor die volgende betrekking:

INSTANDHOUDINGSTEGNIKUS

Die suksesvolle kandidaat moet oor 8 tot 10 jaar instandhoudingsondervinding asook 'n geldige rybewys beskik. 'n Toepaslike kwalifikasie en 'n natuurlike meganiese/elektriese/siviele aanleg sal in die aansoeker se guns tel.

Die geskikte kandidaat moet goeie menseverhoudinge kan handhaaf, gemotiveerd wees, onder druk, onafhanklik en baie noukeurig kan werk en eie inisiatief kan gebruik asook bereidwillig wees om bystand- en oortydpligte te verrig.

Die aansoeker rapporteer direk aan die Algemene Bestuurder en die pligte behels onder andere die totale instandhouding van al die onderneming se masjienerie en toerusting wat elektriese instandhouding, oordoen van pompe en ratkaste, alle PVC pypwerk, vlekvryestaal pypwerk en siviele instandhouding insluit.

In ruil vir jou bydrae bied Windmeul Eierboere 'n mededingende vergoedingspakket aan.

Indien u belangstel, rig 'n CV (met dekbrief) vóór 9 Augustus 2011 aan Mallies Le Roux, Laker & Le Roux Menslike Hulpbronpraktisyns by faks 086 589 3425 of per e-pos na recruitment@lakerleroux.co.za (met verwysingsnommer LLR243 in die onderwerpreël) of doen aanlyn aansoek by www.lakerleroux.co.za.

Diensaanvaarding: So spoedig as moontlik
Indien geen terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang is nie, kan aanvaar word dat die aansoek onsuksesvol was.





More News
  • Administratiewe Pos
  • WAITERS
  • Meat Processing Expert / Block Man
  • Senior boekhouer
  • REGISTERED PROFESSIONAL OR STAFF NURSE
  • Occupational Therapist
  • De Oude Renbaan - Paarl
  • ADMINDAME-POSISIE
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za