WINDMEUL EGGS
2011-08-04
WINDMEUL EGGS
Windmeul Eierboere, met hul aanleg geleÙ net buite die Paarl, beskik tans oor die volgende betrekking:
ADMINISTRATIEWE BEAMPTE
Die ideale aansoeker vir hierdie pos is 'n vlot tweetalige persoon met goeie kommunikasievaardighede. Matriek en ondervinding in 'n soortgelyke betrekking, met deeglike administratiewe en rekenaarvaardighede (VIP Payroll/Pastel/AccPac) is vereistes vir hierdie pos.
Die pligte behels onder andere algemene sekretariÙle pligte, loonadministrasie, krediteure, personeel- administrasie en alle ander take verwant aan die pos.
In ruil vir u bydrae, bied Windmeul Eierboere 'n mededingende vergoedingspakket aan.
Rig u CV met dekbrief voor 16 Augustus 2011 aan Mariette GrovÚ, Laker & Le Roux Menslike Hulpbronpraktisyns by faks 086 589 3425 of per e-pos na recruitment@lakerleroux.co.za (met verwysingsnommer LLR272 in die onderwerpreÙl) of doen aanlyn aansoek by www.lakerleroux.co.za
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik. NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke nß die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
More
News
|