Koster
2011-08-11
Die Strooidakkerk beskik tans oor 'n kosterspos.
• Goeie menseverhoudinge • Bedrewenheid met tipiese nutsmantake • Bedrewenheid met basiese elektriese take • Bedrewenheid met die toesighouding oor algemene werkers
Die pos se basiese verantwoordelikhede sluit in:
• die onderhoud van die eiendomme • die oop- en toesluit van geboue • instandhouding van die tuine • hulpverlening met die voorbereiding van funksies • hulpverlening aan personeel, lidmate en kerkgangers • ad hoc-take wat verband hou met die gemeente se aktiwiteite • na-ure dienste, veral m.b.t. toegangsbeheer by die terreine
Die pos kwalifiseer vir gratis verblyf en 'n markverwante salaris word aangebied. Diensaanvaarding: 1 Oktober 2011 of so gou moontlik daarna.
Rig u aansoek aan die Skriba by NG Kerk die Paarl (Strooidakkerk), Klein Reservoirstraat, Paarl, 7646 of faks dit na 021 872 9370 Sluitingsdatum vir aansoeke: Maandag 22 Augustus 2011
More
News
|