Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


SERTIFISERINGSKLERK

SERTIFISERINGSKLERK
 
2011-09-01


PAARLVALLEI BOTTELERING (EDMS) BPK
PAARL VALLEY BOTTLING (PTY) LTD
Reg No 96/01492/07
Die volgende vakature bestaan in die sertifiseringsafdeling by Paarlvallei Bottelering se aanleg wat net buite Wellington geleë is:
SERTIFISERINGSKLERK
Die sleutelverantwoordelikhede van die pos sentreer rondom:
- Administrasie rondom sertifisering
- Skakeling met kliënte, verskaffers en relevante regeringsinstansies
- Voorleggings
- Voorraadopnames en verwante administrasie
- Algemene administrasie
Om vir die pos in aanmerking te kom, moet die aansoeker aan die volgende voldoen:
- Graad 12
- Bogemiddelde rekenaarvaardighede
- Sober gewoontes
- Goed met syfers kan werk
- Onder druk kan werk
- Oor eie betroubare vervoer beskik
- Baie goed verbaal en skriftelik kan kommunikeer
Die volgende sal die aansoek verder ondersteun:
- Enige ander relevante naskoolse kwalifikasie
- Kennis van Wine Online
- Kennis van Ezy Wine
- Kennis van SAWIS-voorleggings en relevante administrasie
- Kennis en ondervinding van 'n kelder, wyn- en ander verwante produkte omgewing.
- Kennis van kwaliteitstelsels soos ISO, BRC en HACCP.
Indien u aan bogenoemde voldoen, sal ons baie graag van u wil hoor. Stuur u aansoek na:
Paarlvallei Botteleringsmaatskappy, Posbus 254, Wellington, 7654 of lewer dit af by ons aanleg te Oude Pontweg, Wellington sodat dit ons bereik voor of op 9 September 2011. Merk dit in beide gevalle vir aandag: Cheryl van Schalkwyk.
Indien u nie binne twee weke na die sluitingsdatum van ons verneem het nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.



More News
  • Administratiewe Pos
  • WAITERS
  • Meat Processing Expert / Block Man
  • Senior boekhouer
  • REGISTERED PROFESSIONAL OR STAFF NURSE
  • Occupational Therapist
  • De Oude Renbaan - Paarl
  • ADMINDAME-POSISIE
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za