ONTVANGS EN ADMINISTRATIEWE BEAMPTE
2005-10-27
GRAHAM BECK WINES
FRANSCHHOEK
ONTVANGS EN ADMINISTRATIEWE BEAMPTE
Graham Beck Wines is 'n toonaangewende produseerder van internasionaal-erkende gehalte wyne wat op soek is na 'n georganiseerde persoon om die ontvangslokaal en skakelbord te behartig asook bereid wees om algemene administratiewe werk te verrig.
Hierdie persoon rapporteer direk aan die Bemarkingsbestuurder en is verantwoordelik vir die volgende: • Behartiging van die skakelbord op 'n vriendelike en professionele wyse. • Behartig die ontvangslokaal: vriendelike ontvangs van kliënte, netjies hou van lokaal • Assisteer die Bemarkingsbestuurder in: algemene tikwerk, dagboek- beplanning, reisbeplanning, algemene administrasie, • Behartig reëlings t.o.v. koerierdiens.
Die geskikte kandidaat moet oor die volgende beskik: • Matriek • Goeie rekenaarvaardigheid veral die gebruik van Power Point. • Minimum van 2 jaar praktiese ondervinding in die hantering van 'n skakelbord en die behartiging van 'n ontvangslokaal.
Indien u oor die vaardigheid beskik om leiding te kan neem, goeie interpersoonlike- en kommunikasievaardighede het; 'n gefokusde benadering en 'n entoesiastiese persoon is, wil ons graag van u hoor.
Indien u belang stel, epos u CV voor 4 November 2005 aan Die Personeelbestuurder, Epos: hr@grahambeckwines.co.za Indien geen terugvoering binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang is nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
More
News
|