Verkoopsverteenwoordiger: Kontrak
2005-10-27
PAARL POST
Verkoopsverteenwoordiger: Kontrak Paarl Post gemeenskapskoerant vir Paarl, Wellington en Franschhoek benodig tans die dienste van'n dinamiese en gemotiveerde verkoopsverteenwoordiger.
Die suksesvolle kandidaat sal verantwoor-delik wees vir: • Die inisiëring en daarstelling van advertensies in samewerking met die Advertensiebestuurder. • Die stimulering van die mark deur inisiatief en laterale denke aan die dag te lê om nuwe geleenthede en inkomstebronne te identifiseer en te ontwikkel ten einde kliënte se advertensiebehoeftes te bevredig. • Die behaling en oorskryding van begrote omsetdoelwitte. • Op te tree as skakel vir klante en die ontwerp, opstel en plasing van advertensies.
Die ideale kandidaat word beskou as 'n persoon met uitmuntende verkoopsvaardighede wat met selfvertroue kan funksioneer in spanverband in 'n kompeterende markomgewing. Voorts moet die suksesvolle kandidaat oor goeie kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede beskik en volkome Afrikaans en Engels magtig wees. Die geskikte kandidaat moet oor 'n geldige bestuurslisensie en 'n eie motor beskik en verkieslik woonagtig in Wellington wees.
Die maatskappy bied die suksesvolle kandidaat die geleentheid om sy/haar eie inkomste sonder 'n plafon te bepaal, met toegang tot die maatskappy se aftree- en siekefonds.
Belangstellendes word vriendelik versoek om 'n verkorte CV aan Ilsé Fourie te faks by (021) 872-9280 of te e-pos na ads@paarlpost. co.za
SLUITINGSDATUM: 3 November 2005.
(Neem asb. kennis dat indien u nie teen 15 November 2005 enige terugvoer ontvang het nie, u die aansoek as onsuksesvol moet beskou.)
More
News
|