TOONBANK / VERKOOPSASSISTENT
2011-09-15
KODAK EXPRESS SUPERFOTO Kodak Express SUPERFOTO is 'n dinamiese, snelgroeiende fotografiese winkelgroep wat deur die eienaars van die onderneming bestuur word. TOONBANK / VERKOOPSASSISTENT Ons is op soek na 'n ewe dinamiese verkoops/toonbank-assistent om so spoedig moontlik diens te aanvaar by ons Paarl Mall tak. Ons ideale kandidaat het 'n minimum van 1 jaar ondervinding in die verkoops- en fotografiese gebied. Die geskikte kandidaat moet oor 'n minimum van 'n graad 12 sertifikaat en goed-ontwikkelde besluitnemingsvermoë beskik, goeie kommunikasievermoë en 'n skoon kriminele- en kredietrekord hê. In ruil bied ons 'n mededingende salaris aan. Diensaanvaarding so spoedig moontlik. Belangstellendes moet asseblief hulle CV's e-pos aan paarl@superfoto.co.za of dit afgee in persoon by Winkel 92, Paarl Mall. Rig aansoeke aan die Bestuurder, Robert Fourie.
More
News
|