KONTRAK PRAKTIKA-DOSENTE
2005-11-02
HUGENOTE KOLLEGE
Wellington Die Hugenote Kollege beskik oor twee poste vir KONTRAK PRAKTIKA-DOSENTE in die Program Maatskaplike Werk. Die geskikte kandidaat sal verant- woordelik wees vir:
* voldag praktykonderrig * koördinering * akademiese betrokkenheid Minimum vereistes * Registrasie by die SA Raad vir Maatskaplike Diensberoepe * Vorige ervaring in studente-onderrig tot so onlangs as 2003 * Indien die kandidaat kennis het van die Hugenote Kollege se pratika- program, sal dit in sy/haar guns tel * Ten minste 3 jaar vorige ervaring van studentebegeleiding * Tweetaligheid (Afrikaans en Engels) * Rekenaarvaardigheid * Geldige rybewys Vergoeding: R60 000.00 per jaar en finansiële ondersteuning vir nagraadse studie Sluitingsdatum vir aansoeke: 20 November 2005 Diensaanvaarding: 1 Februarie 2006 Navrae: Mev F Jacobs Tel: (021) 873 1181 X 113 tydens kantoorure
Die samestelling van die Kollege se personeelkorps sal in aanmerking geneem word by die oorweging van aansoeke. Die Kollege behou die reg voor om geen aanstelling te maak indien geen kandidaat aan die vereistes voldoen nie.
More
News
|