Krediteure-klerk
2005-11-02
PAARL POST
Krediteure-klerk Paarl Post (Edms) Bpk & Paarl Post Media (Edms) Bpk is dinamiese maatskappye in die drukkers- en publikasie-bedryf, geleë in die Paarl. Paarl Post spesialiseer in die ontwerp, reproduksie en druk van koerante en pamflette, terwyl Paarl Post Media die bekroonde "Paarl Post" gemeenskapskoerant in die Drakenstein omgewing publiseer. Die dienste van 'n ervare krediteureklerk word tans benodig, wat deel vorm van die administratiewe funksie.
Die pos behels: • Die verwerking van krediteure-fakture deur dit met die elektronie-se bestelstelsel te vergelyk vir voldoende goedkeuring. • Prosessering van betalings op die elektroniese bankstelsel. • Opstel van krediteurerekonsiliasies. • Oplos van uitstaande fakture en ander uitstaande items op rekonsi-liasies. • Rekonsiliasies van sekere nominale rekeninge. • Plasing van bestellings vir die kantoorarea. • Ad hoc take in die administratiewe departement.
Vereistes: • Matrieksertifikaat met rekeningkunde as vak, en toepaslike onder-vinding. • Tersiëre opleiding in 'n finansiële rigting sal as 'n aanbeveling dien. • Rekenaarvaardigheid ten opsigte van Windows, Excel & Pastel sal as aanbeveling dien. • Sterk kommunikasievaardighede. • Goeie interpersoonlike vaardighede, akkurate syfersin, en die vermoë om onder druk te werk.
In ruil vir bogenoemde bied die maatskappy 'n markverwante vergoedingspakket, wat 'n pensioenfonds en mediese fonds insluit. Voorkeur sal verleen word aan individue uit voorheen benadeelde groepe.
Sou u belangstel in bogenoemde posisie, stuur 'n volledige CV aan Johan Louw by e-pos jlouw@paarlpost.co.za, of faks na (021) 872-6889 teen 14 November 2005.
Indien u geen terugvoering kry teen 21 November 2005 nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was.
Verkoopsverteenwoordiger Paarl Post gemeenskapskoerant vir Paarl, Wellington en Franschhoek benodig tans die dienste van'n dinamiese en gemotiveerde verkoopsverteenwoordiger vir hul adver-tensiemedium HOME-ads
Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir: • Die inisiëring en daarstelling van advertensies in samewerk-ing met die Advertensiebestuurder. • Die stimulering van die mark deur inisiatief en laterale denke aan die dag te lę om nuwe geleenthede en inkomstebronne te identifiseer en te ontwikkel ten einde kliënte se adverten-siebehoeftes te bevredig. • Die behaling en oorskryding van begrote omsetdoelwitte. • Op te tree as skakel vir klante en die ontwerp, opstel en pla-sing van advertensies.
Die ideale kandidaat word beskou as 'n persoon met uitmun-tende verkoopsvaardighede wat met selfvertroue kan funk-sioneer in spanverband in 'n kompeterende markomgewing. Voorts moet die suksesvolle kandidaat oor goeie kommuni-kasie- en interpersoonlike vaardighede beskik en volkome Afrikaans en Engels magtig wees. Die geskikte kandidaat moet oor 'n geldige bestuurslisensie en 'n eie motor beskik.
Die maatskappy bied die suksesvolle kandidaat die geleentheid om sy/haar eie inkomste te bepaal, met toegang tot die maatskappy se aftree- en siekefonds.
Belangstellendes word vriendelik versoek om 'n verkorte CV gemerk HOME-Ads aan Ilsé Fourie te faks by (021) 872-9280 of te e-pos na ads@paarlpost. co.za
SLUITINGSDATUM: 14 November 2005.
(Neem asb. kennis dat indien u nie teen 21 November 2005 enige terugvoer ontvang het nie, u die aansoek as onsuksesvol moet be-skou.)
More
News
|