Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Verkoopsverteenwoordiger: Kontrak

Verkoopsverteenwoordiger: Kontrak
 
2005-11-02


PAARL POST

Verkoopsverteenwoordiger:
Kontrak

Paarl Post gemeenskapskoerant vir Paarl, Wellington en Franschhoek benodig tans die dienste van 'n dinamiese en gemotiveerde verkoopsverteenwoordiger.

Die suksesvolle kandidaat sal verantwoor-delik wees vir:
• Die inisiëring en daarstelling van advertensies in samewerking met die Advertensiebestuur-der.
• Die stimulering van die mark deur inisiatief en laterale denke aan die dag te lê om nuwe geleenthede en inkomstebronne te identifiseer en te ontwikkel ten einde kliënte se adverten-siebehoeftes te bevredig.
• Die behaling en oorskryding van begrote omsetdoelwitte.
• Op te tree as skakel vir klante en die ontwerp, opstel en plasing van advertensies.

Die ideale kandidaat word beskou as 'n persoon met uitmuntende verkoopsvaardighede wat met selfvertroue kan funksioneer in spanverband in 'n kompeterende markomgewing.
Voorts moet die suksesvolle kandidaat oor goeie kommunikasie- en interpersoonlike vaar-dighede beskik en volkome Afrikaans en Engels magtig wees. Die geskikte kandidaat moet oor 'n geldige bestuurslisensie en 'n eie motor beskik.

Die maatskappy bied die suksesvolle kandidaat die geleentheid om sy/haar eie inkomste sonder 'n plafon te bepaal, met toegang tot die maat-skappy se aftree- en siekefonds.

Belangstellendes word vriendelik versoek om 'n verkorte CV aan Ilsé Fourie te faks by (021) 872-9280 of te e-pos na ads@paarlpost. co.za

SLUITINGSDATUM: 10 November 2005.

(Neem asb. kennis dat indien u nie teen 23 November 2005 enige terugvoer ontvang het nie, u die aansoek as onsuksesvol moet beskou.)




More News
  • Administratiewe Pos
  • WAITERS
  • Meat Processing Expert / Block Man
  • Senior boekhouer
  • REGISTERED PROFESSIONAL OR STAFF NURSE
  • Occupational Therapist
  • De Oude Renbaan - Paarl
  • ADMINDAME-POSISIE
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za