PERSONEELVAKATURE
2005-11-23
DRAKENSTEIN MUNISIPALITEIT
PERSONEELVAKATURE
DEPT. FINANSÏELE DIENSTE 1. KASSIER GRAAD 2 (FIN-05/B.I.A.03.02) 2. SKOONMAKER/TEEMAAKSTER (FIN-05/B.I.A.08)
Aansoeke word hiermee ingewag van geskikte kandidate vir bogemelde poste by Drakenstein Munisipaliteit, 'n werkgewer wat regstellende aksie bevorder.
KEURINGSKRITERIA: 1. Graad 10 met rekeningkunde as aanbeveling met 2 jaar toepaslike ondervinding of graad 12 met rekeningkunde as 'n aanbeveling. Rekenaarge- letterdheid. 2. Vermoë om te kan lees en skryf
SALARISSKAAL: 1. R50 880 - R75 972 (Posvlak 13/11) 2. R34 824 - R39 636 (Posvlak 19/17) (salarisskale per jaar) Aansoeke word hiermee ingewag van geskikte kandidate vir bogemelde poste by Drakenstein Munisipaliteit, 'n werkgewer wat regstellende aksie bevorder.
LW: Bewys van kwalifikasie word vereis vir keuring. Die vereistes van die Wet op Gelyke Indiens- neming sal vir hierdie pos oorweeg word, maar sal nie die enigste kriteria wees wat toegepas word nie.
'n Diensbonus gelykstaande aan een maand se salaris is betaalbaar en die normale byvoordele verbonde aan Plaaslike Owerhede insluitende 'n behuisingstoelaeskema vir huiseienaars en is onderhewig aan sekere voorwaardes.
NB: Gunswerwing by Raadslede of enige lid van die Aanstellingskomitee sowel as personeel betrokke by aanstellings is ontoelaatbaar en sal aansoekers onmiddellik diskwalifiseer. Aansoekvorms en nadere besonderhede is verkrygbaar by die Personeelkantoor, Posbus 12, Paarl, 7622, telefoonnommers 807-4574/ 807-4510/807-6318 (Maandae, Woensdae, Vrydae 10:00 - 12:45 & 14:00 - 15:00, asook Dinsdae & Donderdae 07:45 - 08:45). Meld duidelik op die aansoekvorm die verwysingsnommer. U volledig ingevulde aansoekvorm moet vergesel word van u CV (nie langer as 5 bladsye).
NB: Indien u nie binne agt weke van sluitings- datum gekontak word nie, neem asseblief ken- nis dat u onsuksesvol was.
NB: Kandidate wie laat opdaag by die onderhoude sal gediskwalifiseer word.
Sluitingsdatum vir aansoeke: 09 Desember 2005 om 12:00 nm. WNDE. MUNISIPALE BESTUURDER
More
News
|