PERSONEELVAKATURE DEPT. FINANSÏELE DIENSTE
2005-11-24
PERSONEELVAKATURE DEPT. FINANSÏELE DIENSTE DRAKENSTEIN MUNISIPALITEIT
TYDELIKE KASSIER X2 (FIN-05/B.I.A.04.03 & FIN-06/B.I.B.02.01)
Aansoeke word hiermee ingewag van geskikte kandidate vir bogemelde poste by Drakenstein Munisipaliteit, 'n werkgewer wat regstellende aksie bevorder.
KEURINGSKRITERIA: Graad 10 met rekeningkunde as aanbeveling met 2 jaar toepaslike ondervinding of graad 12 met rekeningkunde as 'n aanbeveling. Rekenaar geletterdheid.
SALARISSKAAL: R50 880 (Posvlak 13 ) (salarisskale per jaar)
Aansoeke word hiermee ingewag van geskikte kandidate vir bogemelde poste by Drakenstein Munisipaliteit, 'n werkgewer wat regstellende aksie bevorder.
LW: Bewys van kalifikasie word vereis vir keuring. Die vereistes van die Wet op Gelyke Indiensneming sal vir hierdie pos oorweeg word, maar sal nie die enigste kriteria wees wat toegepas word nie.
NB: Die poste sal tydelik gevul word op 'n maand tot maand basis vanaf 19 Desember 2005 en Februarie 2006. Neem asseblief kennis dat die suksesvolle kandidate hulself beskikbaar moet stel vir die hele Drakenstein gebied, waar hul dienste benodig mag word.
NB: Gunswerwing by Raadslede of enige lid van die Aanstellingskomitee sowel as personeel betrokke by aanstellings is ontoelaatbaar en sal aansoekers onmiddellik diskwalifiseer.
Aansoekvorms en nadere besonderhede is verkrygbaar by die Personeelkantoor, Posbus 12, Paarl, 7622, telefoonnommers 807-4574/ 807-4510/807-6318 (Maandae, Woensdae, Vrydae 10:00 - 12:45 & 14:00 - 15:00, asook Dinsdae & Donderdae 07:45 - 08:45). Meld duidelik op die aansoekvorm die verwy- singsnommer. U volledig ingevulde aansoek- vorm moet vergesel word van u CV (nie langer as 5 bladsye).
NB: Indien u nie binne agt weke van sluitings- datum gekontak word nie, neem asseblief kennis dat u onsuksesvol was.
NB: Kandidate wie laat opdaag by die onderhoude sal gediskwalifiseer word.
Sluitingsdatum vir aansoeke: 09 Desember 2005 om 12:00 nm. WNDE. MUNISIPALE BESTUURDER
More
News
|