OPERATEUR
2006-01-11
De Hoop Steenwerwe, geleë in die Paarl, beskik tans oor die volgende uitstekende loopbaangeleentheid:
OPERATEUR
Ons is op soek na 'n self-gemotiveerde persoon met goeie kommunikasievaardighede in beide Afrikaans en Engels en wat goed met mense op alle vlakke kan kommunikeer. Die ideale kandidaat beskik oor basiese rekenkundige vermoë, meganiese aanleg, asook 'n basiese rekenaarvaardigheid. 'n Toepaslike kwalifikasie en ondervinding in 'n soortgelyke betrekking sal in die aansoeker se guns tel, maar is nie 'n vereiste nie.
Die suksesvolle aansoeker se pligte behels: * Oplos van kiln-probleme * regulering van "coal fielding" * temperature lees.
In ruil vir jou bydrae bied ons kliënt 'n mededingende vergoedingspakket aan.
Indien u belang stel, rig 'n CV (maksimum 3 bladsye) vóór 26 Januarie 2006 aan Ilsé Marquard, Laker & Le Roux Menslike ulpbronpraktisyns, Posbus 557, SUIDER-PAARL, 7624 of skakel (021) 863-1444 vir nadere inligting. Faks: (021) 863-2827.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
More
News
|