LEERLING FINANSIËLE BEPLANNER
2006-01-11
LEERLING FINANSIËLE BEPLANNER BOLAND ‘n Geleentheid bestaan vir ‘n B.Comm Gegradueerde persoon om as ‘n assistent vir ‘n senior finansiële beplanner by ‘n groot en bekende Private Bank behulp-saam te wees. Die kandidaat sal na die nodige opleiding en ervaring oorweeg word vir ‘n pos as private bankier of volwaardige finansiële beplanner.
Die rol van die paraplanner sal o.a. wees om finansiële planne en state voor te berei vir sy/haar finansiële beplanner. Die state sal tipies ‘n ontleding wees van boedel- en beleggingsbeplanning.
Minimum vereistes: ‘n Toepaslike Graad in Handel en/of Regte is ‘n voorvereiste. ‘n Diploma in Finansiële Beplanning (DFP of CFP) sal die aansoek verder ondersteun. Algemene vaardighede en ondervinding: Hoë vlak van rekenaarvaardigheid, sterk analitiese en numeriese vaardighede. ‘n Geldige bestuurderslisensie is nodig. Vergoeding sal salaris gebaseer wees.
CV’s kan per e-pos aangestuur word na dalenera@mweb.co.za Indien u nie voor 10 Februarie 2006 van die adverteerder hoor nie, was die aansoek onsuksesvol.
Sluitingsdatum: 31 Januarie 2006
More
News
|