PLAASVOORMAN
2006-01-19
PLAASVOORMAN
Floralae proteaplaas soek 'n persoon wat as spanleier van 'n werkerspan kan optree. Hy moet kan lei deur self 'n hardwerkende voorbeeld te stel. Geen vorige ondervinding van proteaboerdery is nodig nie. Protea-produkkennis sal deur indiensopleiding verskaf word. Goeie menseverhoudinge en sober gewoontes is noodsaaklik. Hy moet ten minste 'n kode 8-bestuurslisensie hê en sal ook verantwoordelik wees om die werkspan tussen die plaas en die dorp te vervoer asook om blomme lughawe toe te neem.
Skakel Van Deventer by 083 300 4366 gedurende die dag of (021) 862-1581 saans of e-pos na giel@paarlmail.co.za
More
News
|