Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


BEMARKER: WYNSTREEK

BEMARKER: WYNSTREEK
 
2006-01-25


WELLINGTON WINE ROUTE

BEMARKER: WYNSTREEK

Wellington, knus geleë in die skilderagtige vallei onder Bainskloof, Groenberg en die Haweka-bergreeks, word allerweë beskou as die onontdekte juweel van die Wynlandstreek.

Dekades lank is Wellington gesien as 'n slaperige, plattelandse dorpie. Die afgelope paar jaar het daar egter 'n opwindende ontwaking plaasgevind: die ongehoorde, wêreldklas suksesse van die wynkelders, die streek se groeiende reputasie as eersteklas wynproduksie-area, die ongekende entoesiasme van toeriste en besoekers oor die kwaliteit van die gastehuise, restaurante en toerismefasiliteite. Die nuwe, lewenskragtige toerisme- en wynroetekomitees is toegewyd om die ouwêreldse sjarme van hierdie histories belangrike gebied te bewaar in simbiose met die professionele ontwikkeling van toerisme en die bemarking van hierdie pragtige dorpie en die omliggende wynstreek aan toeriste en wynkopers. Die gemeenskap glo in sy produkte; die potensiaal en die verskeidenheid daarvan is werd om gevier te word - vandaar die slagspreuk: "Kom vier Wellington".

Daar word nou gesoek na 'n kundige en dinamiese persoon wat die verskillende insette van die belanghebbendes - wyn, toerisme en kommersiële organisasies - kan organiseer, koördineer en ontwikkel. Die doelstelling is 'n enkel, allesinsluitende bemarkingstrategie wat fokus op wynverkope, verhoging van besoekersgetalle, geleentheidskoördinering, fondsinsameling en om leiding te neem in 'n aktiewe gemeeskaps- en sosiale verantwoordelikheidsprogram.
Kandidate is kundige, kreatiewe persone van enige ouderdom met buitengewone sjarme en menseverhoudinge.

'n Salarispakket word aangebied volgens kundigheid en ondervinding van die suksesvolle kandidaat. Vir verdere inligting en 'n aansoekvorm, stuur CV na Posbus 302, Wellington, 7654 of avalonwines@icon.co.za



More News
  • Administratiewe Pos
  • WAITERS
  • Meat Processing Expert / Block Man
  • Senior boekhouer
  • REGISTERED PROFESSIONAL OR STAFF NURSE
  • Occupational Therapist
  • De Oude Renbaan - Paarl
  • ADMINDAME-POSISIE
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za