VERKOOPSKONSULTANT
2006-02-01
THORP GROEP
Paarl verlang die dienste van 'n VERKOOPSKONSULTANT Nuwe Voertuie
Weens ons geweldige groei en die toename in die nuwe voertuig mark benodig ons 'n persoon om bogenoemde pos te vul in ons ultra-moderne vertoonlokaal.
Die geskikte kandidaat sal aan die volgende vereistes moet voldoen: • 'n Bewese rekord in motorverkope • Aangename persoonlikheid met 'n netjiese voorkoms • Rekenaargeletterdheid • Tweetaligheid • Geldige bestuurlisensie • Ondervinding in die verkoop van Opel, Chevrolet en Isuzu produkte sal tot u voordeel strek, maar is nie 'n vereiste nie. • Kontakbare verwysings
In ruil vir u diens bied die maatskappy u die normale byvoordele met 'n hoogs mededingende salarispakket en kommissiestruktuur.
Indien u om bogenoemde pos wil aansoek doen, lewer u CV persoonlik af by die Handelaarshoof, Thorp Paarl, Hoofstraat 170, Paarl of e-pos aan dirk@thorpauto.co.za.
(Indien u nie voor 13 Februarie van die adverteerder hoor nie, was u aansoek onsuksesvol gewees.)
More
News
|