Finansiële Rekenmeester
2006-02-08
BOLAND RUGBYUNIE
Finansiële Rekenmeester
Ons benodig die dienste van ‘n finansiële rekenmeester.
Die ideale persoon sal: • ‘n lewendige belangstelling in rugby hê • beskik or ‘n B Com/B Compt/B Rek graad met rekeningkunde as hoofvak • verkieslik ‘n leerlingkontrak as rekenmeester voltooi hê • rekenaarvaardig wees met ondervinding van Pastel en VIP, en • oor ondervinding van inkomstebelasting en spesifiek werknemersbelasting beskik
Die belangrikste pligte van die posisie behels: • Rekeningkunde (debiteure, krediteure, bankrekonsiliasie, joernale en grootboekbeheer) • Administratief (BTW, WVF, SDR, salarisse en SDL) • Bestuur (begroting, voorraadbeheer en bestuursverslae)
Ons bied ‘n mededingende vergoedingspakket en ‘n aangename werksomgewing in Wellington. Aansoeke sluit: 15 Februarie 2006 Diensaanvaarding: 1 April 2006 Stuur asb u skriftelike aansoek met ‘n volledige CV aan: Menslike Hulpbronne (RvT), Posbus 1, Robertson, 6705 of faks: (023) 626-5052
More
News
|