REKENKUNDIGE BEAMPTE
2006-02-08
LATEGAN’S SEMENTWERKE - CEMENT WORKS
REKENKUNDIGE BEAMPTE
Lategan’s Sementwerke, van Wellington, benodig die dienste van ‘n energieke en dinamiese persoon.
Die persoon sal verantwoordelik wees vir debiteure, krediteure, rekonsiliasies, kasboek, kleinkas, die vaslegging van data en kantooradministrasie.
Die suksesvolle kandidaat moet betroubaar en hardwerkend wees en oor goeie kommunikasie-vermoëns beskik. Goeie menseverhoudings en kliëntediens en kennis van Word en die opstel van Excel sigblaaie in ‘n vereiste. Toepaslike ervaring en kennis van Pastel sal tot u voordeel wees.
‘n Mededingende salaris en diensvoorwaardes word aangebied.
Persone wat belang stel, kan ‘n CV Faks na (021) 873-3154 E-pos na: advert1@xsinet.co.za Kontaknommer: 082 411 6457
Sluitingsdatum: 15 Februarie 2006
More
News
|