Persoonlike Assistent/Sekretaresse
2006-02-08
Persoonlike Assistent/Sekretaresse
Werkgeleentheid vir jong dames met ‘n tersiêre kwalifikasie
Die dienste van ‘n bekwame, professionele sekretaresse/persoonlike assistent word benodig in ‘n landbouverwante onder-neming wat fokus op puik diens aan die landbousektor.
Die persoon sal verantwoordelik wees vir alle tikwerk, skryfbehoeftes, skakelbord, afneem en versorging van notules, dag-boek-skedulering, inkomende en uitgaande pos, kleinkas en ondersteuning ten opsigte van krediteure.
Die suksesvolle kandidaat moet vaardig wees in MS Word, Excel en Pastel. Die kandidaat moet betroubaar wees, oor integriteit beskik, hardwerkend en innove-rend wees en oor goeie kommunikasie-vermoëns beskik. Goeie skakeling met kliënte is ‘n vereiste. Tot 3 jaar toepaslike ervaring sal die kandidaat bevoordeel.
‘n Mededingende vergoedingspakket word aangebied.
Persone wat belang stel, kan ‘n CV Faks na: (021) 873-3154 E-pos na: advert1@xsinet.co.za Kontaknommer: 082 411 6457
Sluitingsdatum: 15 Februarie 2006
More
News
|