GEREGISTREERDE VERPLEEGKUNDIGE
2006-02-23
Sunfield Wellington beskik oor ‘n deeltydse pos (15 uur p.w./3 uur p.d) vir ‘n GEREGISTREERDE VERPLEEGKUNDIGE Bogenoemde persoon moet oor die ver-moë beskik om met verstandelik ge-stremde volwassenes te werk en in besit wees van ‘n bestuurderslisensie en is onder andere verantwoordelik vir die: • Liggaamlike welsyn van inwoners t.o.v. gesondheid en versorging • Toediening en kontrole van medikasie en inspuitings • Byhou van lêers, mediese registers en verslae • Noodhulpprogram en indiensopleiding van personeel Diensaanvaarding: so gou as moontlik Indien u belang stel is die pos, rig ‘n gedetaileerde CV voor 3 Maart 2006 aan: Sunfield Wellington, Posbus 824, Wellington, 7654 Tel: (021) 873-5038 Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum ontvang het nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
More
News
|