ONTVANGSDAME
2006-03-01
Andrag Agrico ( Edms ) Bpk is 'n dinamiese maatskappy wat hom toespits op die verskaffing van topgehalte produkte en dienste in die besproeiings-, landbou en motorbedryf. By ons Paarltak het ons tans ’n geleentheid vir ’n:
ONTVANGSDAME
Die ideale kandidaat beskik oor deeglike administratiewe vermoëns. Insluitend professionele telefoonetiket, krediteure, debiteure en kleinkas. Die kandidaat moet rekenaargeletterd wees, rybewys besit en onder druk kan werk. Indien u aan die vereistes voldoen , stuur u 2 blad CV aan: E-pos: abrie.visser@andragagrico.co.za Faks: (021) 871-1192
Aansoeke sluit 7 Maart 2006 (14:00) (Indien u nie binne 2 weke na sluitingsdatum gekontak word nie, beskou u aansoek as onsuksesvol)
More
News
|