BESTUURDER, MAATSKAPLIKE WERKER, KLERK
2006-03-15
BETREKKINGS: Paarl Haven Skuiling
Pos 1: BESTUURDER: (Kontrakaanstelling) Prestasie Klousule
Vereistes: Toepaslike graad/diploma en ervaring ’n Maatskaplike Werk. Vaardigheid in Menslike Hulpbronne Bestuur, Finansiële Bestuur en Projekbestuur. Kommunikasievaardigheid in twee van amptelike tale van Wes-Kaap. Uitstekende Interpersoonlike en Leierskapvaardigheid. Rekenaar- vaardig. Geldige rybewys. Kennis en ervaring van mense en gemeen- skapsinrigtings in ‘n Welsynomgewing.
Pligte: Oorhoofs verantwoordelik vir alle aspekte van die Bestuur van Skuiling. Veral die Sosio-maatskaplike funksionering. Skep van Bewusmaking- strategië. Fondsinsameling-projekte inisieer.
Salaris R50 000 - R60 000 per jaar onderhandelbaar.
Pos 2: TOESIGHOUER (Twee poste)
Vereistes: Ervaring van Versorging, Toesighouding, Voeding, Sekuriteit en Vaardigheidsprojekte. Kommunikasievaardig in ten minste twee van amptelike tale van Wes-Kaap. Sober gewoontes. Skofte te werk. Goeie mense- verhoudings hê. Rybewys sal voordelig wees.
Pligte: Sien toe dat alle take in verband met maatskaplike aangeleenthede uitgevoer word of uit te voer. Loods vaardigheidsprojekte. Voorraadbeheer en instandhouding.
Salaris R35 000 - R42 000 per jaar onderhandelbaar
Pos 3: MAATSKAPLIKE WERKER
Vereistes: Graad of Diploma in Maatskaplike Werk. Rekenaarvaardig. Bestuurslisensie. Kommunikasievaardig in twee van amptelike tale van Wes-Kaap. Ten minste twee jaar ervaring met soortgelyke kliënte.
Pligte: Die effektiewe funksionering van die sosiale komponent van Skuiling. Die sleutelareas sluit in: Gevallestudie van kliënteverteenwoordiging, Opstel en uitvoering van sosiale werk-diensplan, Groep en Gemeenskapswerk, Pensioen en Algemene Administrasie, Opbou van Gemeenskapsverhoudinge, Verslagdoening, Koördineer en uitvoering van Vaardigheidsprojekte.
Salaris R45 000 - R56 000 per jaar onderhandelbaar
Pos 4: ADMINISTRATIEWE KLERK (Deeltyds)
Vereistes: Graad 12. Opleiding en ervaring in Rekenkundige stelsels, Kantoor- administrasie, Finansiële bestuur en Rekenaarvaardig (Windows, MS Word, Excel). Ten minste in twee van die amptelike tale van Wes-Kaap kommunika-sievaardig wees. Goeie menseverhoudings hê.
Pligte: Verantwoordelik vir alle administratiewe take van Skuiling. Finansiële rekordhouding volgens Staat en Organisasie se riglyne. Salaris onderhandelbaar
Rig alle aansoeke aan Die Voorsitter, Paarl Haven Skuiling. Dui duidelik aan vir watter pos u aansoek doen. Sluit CV en getuigskrifte saam met kort aansoekbrief in. Ten minste TWEE verwysings. Salaris en diensvoor- waardes sal onderhandel word afhangende van kwalifikasies en ervaring. Indien u na 21 dae niks van ons hoor nie aanvaar dat u onsuksesvol was in u aansoek.
Sluitingsdatum vir aansoeke is 23 Maart 2006.
Geen laat aansoeke of fakse sal aanvaar word nie. Pos of lewer per hand af by Steytlerstraat 18, Denneburg, Paarl, 7646 in verseëlde koevert asseblief. Vir enige navrae, skakel (021) 872-9714 of 082-8238-621.
More
News
|