Opvoedkundige beampte (5/8 pos)
2006-03-23
Die Afrikaanse Taalmuseum Paarl
OPVOEDKUNDIGE BEAMPTE (5/8pos)
Vereistes: ‘n Toepaslike 3 jaar tersiêre kwalifikasie en/of toepaslike ondervinding in die opvoedkunde; uitgebreide kennis van uitkomsgebaseerde onderwys; hoë vlak van rekenaar-vaardigheid (Word & PowerPoint); uitstekende taalvaardigheid in Afrikaans en Engels.
Pligte: Skakeling en uitreikaksies met opvoedkundige instan-sies; bemarking van opvoedkundige programme in media; beplanning en aanbieding van opvoedkundige programme en begeleide toere; samestelling van op-voedkundige pakkette; organisering van spesiale pro-gramme soos bv. museumdag en erfenisdag; organi-sering van taalkompetisies; hanteer navrae rakende en besprekings van opvoedkundige programme.
Aansoekvorms: is beskikbaar by die Afrikaanse Taalmuseum, Pastorielaan 11, Paarl.
Die volgende dokumente moet u voltooide aansoek-vorm vergesel: Gewaarmerkte afskrifte van kwalifikasies; curriculum vitae; dienssertifikate; identiteitsdokument; die name van drie referente, nie familielede; daarsonder sal u aansoek nie oorweeg word nie.
Navrae: Me Catherine Snel by (021) 872-3441
Sluitingsdatum: 31 Maart 2006 Indien u nie binne ‘n maand na die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was.
More
News
|