Persoonlike Finansiële Adviseur
2006-04-19
Persoonlike Finansiële Adviseur Ou Mutual PFA Finansiële Adviseurs
Ons is op soek na gemotiveerde, selfgedrewe persone wat graag suksesvol in die finansiële dienste omgewing wil wees. Jy benodig: • Minimum matriek (graad 12) of NQF (Finansieel) • Tersiêre opleiding sal in jou guns tel • Bestuurderslisensie en eie vervoer is noodsaaklik • Die vermoë om besigheidsgeleenthede te ontgin ten einde jou eie kliëntebasis tot stand te bring en kliëntelojaliteit te kweek. • Bemarking- en verkoopsondervinding sal in jou guns tel, asook enige agtergrond/ondervinding in die Finansiële Dienste sektor. Indiensneming is onderhewig aan FAIS nakoming.
Ons bied: • Ondersteuning deur 'n bestuurspan • Deeglike opleiding in finansiële beplanning • Produkopleiding • Kantoorinfrastruktuur • Uitstekende groepsvoordele. • Mededingende kommissiegebaseerde Vergoedingspakket.
Om aansoek te doen vir die posisies by die Paarl- en Stellenbosch-kantore e-pos jou CV na elottering@oldmutual.com by ons Areakantoor op Stellenbosch. Tel: (021) 809-6355.
Aanstelling sal gemaak word ooreenkomstig die betrokke besigheidseenheid se Regstellende Aksie Plan.
More
News
|