GRAFIESE UITLEGKUNSTENAAR
2006-04-25
PAARL POST
GRAFIESE UITLEGKUNSTENAAR Diι maatskappy streef na gelyke geleenthede ingevolge sy diensbillikheids-riglyne. Paarl Post is op soek na 'n ervare grafiese uitlegkunstenaar.
Verantwoordelikhede sluit in die volgende: Die persoon moet sterk visueel ingestel wees, die vaardigheid hκ om advertensies se uitleg te doen. Die kunstenaar gaan verantwoordelik wees vir die opmaak van advertensies en koerant-blaaie. Die persoon moet nou saamwerk met die advertensiebestuurder en verteen-woordiger van bogenoemde publikasies. Die persoon moet onder druk kan werk en spertye nakom. Hy/sy moet bereid wees om by tye oortyd te werk.
Posvereistes: uitstekende tikvaardighede uitgebreide rekenaargeletterdheid goeie menseverhoudings en die vermoλ om goed onder druk te funksioneer vlot tweetalig (Afrikaans/Engels) - praat, lees en skryf 'n erkende naskoolse kwalifikasie in grafiese ontwerp of toepaslike ondervinding vorige ondervinding by 'n koerant of tydskrif kennis van Pagemaker en n deeglike kennis van CorelDraw
Die maatskappy bied 'n markverwante basiese salaris.
Belangstellendes word versoek om 'n verkorte CV aan Ryan Damonse by: ryand@paarlpost.co.za te stuur of te faks na (021) 872-6889 voor 12 Mei.
Werk aanvaarding: 1 Junie
More
News
|