WEEGBRUG-OPERATEUR
2006-04-25
PROFILE FEEDS
Weens voortgesette positiewe groei, beskik ons tans oor ‘n vakature vir die pos van
WEEGBRUG-OPERATEUR in die Klapmuts-omgewing.
Die suksesvolle kandidaat moet oor die volgende minimum vereistes beskik: 1. Ten minste graad 12 2. Ten volle rekenaargeletterd. Ons beskik oor ons eie rekenaarprogram. 3. Moet oor eie vervoer beskik. 4. Moet bereid wees om skofte te werk. 5. Moet ten volle tweetalig wees (Afrikaans en Engels) en oor goeie kommunikasievaardighede beskik. 6. Moet in spanverband kan saamwerk. 7. Moet kontakbare verwysings hê.
Kennis en ervaring van die Vervoerbedryf sal as aanbeveling dien.
Weens die samestelling van die pos kan dames ongelukkig nie oorweeg word nie. Indien u aan bogenoemde vereistes voldoen, kan u ‘n verkorte CV faks aan die Personeelbestuurder by (021) 875-5261.
Sluitingsdatum 12 Mei 2006
(Indien u nie reaksie kry voor 26 Mei 2006 kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was)
More
News
|