Administratiewe/ Rekeningkundige Klerk
2006-05-03
BIONAMIX
Administratiewe/ Rekeningkundige Klerk Bionamix, 'n vooruitstrewende kunsmismaatskappy in die Klapmuts-omgewing, benodig die dienste van 'n Administratiewe/Rekeningkundige Klerk wat sekere admintake moet verrig waaronder die volgende:
• tydige invoer van transaksies • antwoord van skakelbord • tydige voorbereiding t.o.v betalings • bystand t.o.v. alle rekeningkundige pligte soos van toepassing • koördinering van alle relevante inligting en dokumentasie • hantering van navrae en skakeling met buite-instandies soos nodig
Die volgende vereistes is van toepassing: • deeglike ondervinding van Pastel, Impact, MS Word en Excel • dataprosessering en uitskryf van voorraaddokumentasie. • goeie tydsbestuur • goeie tweetalige kommunikasievaardighede • goeie interaksievaardighede
Die vergoeding is markgerig Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
Franza Nel ontvang alle CV's en navrae by faks: (021) 875-5242 of e-pos: franza@bionamix.com.
Sluitingsdatum: 9 Mei 2006
More
News
|