Skakelbeampte
2006-05-03
RUPERT & ROTHSCHILD VIGNERONS
Skakelbeampte
Rupert & Rothschild Vignerons, geleë in die skilderagtige Franschhoek Vallei, het tans ‘n uitdagende werksgeleentheid vir ’n selfversekerde,toegewyde persoon wat goed met mense op alle vlakke kan kommunikeer.
Pligte behels: • bestuur en beheer van proelokaal en personeel • bestuur van hoofhuis (voorberei-ding van etes, aankope, gaste, ens.) • reël en koördineer van funksies, sosiale geleenthede, plaaslike wynskoue asook verteenwoordiging van die werkgewer by sodanige geleenthede • wynproeë en keldertoere • administratiewe take wat verband hou met betrekking.
Vereistes vir die pos behels ’n toepaslike naskoolse kwalifikasie, vorige ervaring, rekenaar vaardigheid en ’n geldige kode B-rybewys. Goeie kommunikasievaardigheid in Afrikaans en Engels, terwyl ’n derde taal in die aansoeker se guns sal tel.
Rig u aansoek aan Diani Tolken, Historic Wines Management Company, Posbus 685, Franschhoek, 7690. Faks CV na (021) 876-4494 of e-pos diani@historicwines.co.za Sluitingsdatum 12 Mei 2006.
Indien u geen terugvoering binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
More
News
|