ADMINISTRATIEWE ASSISTENT
2006-08-03
Paarl Cultivaria Die grootste fees in die wynland benodig die volgende werkers. Meer as 160 poste beskikbaar.
ADMINISTRATIEWE ASSISTENT 1 Pos Moet rekenaargeletterd wees Telefoonetiket 'n vereiste Engels en Afrikaans magtig (Onmiddellik tot 30 Oktober 2006)
MOTORBESTUURDERS 20 Poste Chauffeurdienste aan kunstenaars tydens Cultivaria Moet 'n geldige rybewys besit Sober gewoontes Moet bereid wees om skofte te werk 25 Jaar en ouer Engels & Afrikaans 'n vereiste (21 - 26 September 2006)
KINDERTEATER- TOESIGHOUERS 20 Poste Skofwerk Educare agtergrond Moet bereid wees om met kinders te werk Engels en Afrikaans magtig (21 - 25 September 2006)
PLEK-AANWYSERS 60 Poste Moet bereid wees om skofte te werk Goeie kommunikasievaardighede hê Engels & Afrikaans 'n vereiste Eie vervoer (21 - 25 September 2006)
KAARTJIEKANTOOR- BEAMPTES 40 Poste Skofwerk Rekenaargeletterdheid 'n vereiste Telefoonetiket Moet kan funksioneer onder druk Engels- en Afrikaanssprekend (1 - 25 September 2006)
InligtingBeamptes 20 Poste Agtergrondkennis van Paarl en omliggende gebiede Goeie kommunikasievaardighede Engels & Afrikaans magtig Onder druk kan werk (21 - 25 September 2006)
1. Voorkeur sal verleen word aan inwoners van die Drakenstein Munisipale gebied.
2. Aansoeke sluit 18 Augustus 2006 om 15:00.
3. Maksimum 2 bl. CV en noem duidelik vir watter pos aansoek gedoen word.
4. Stuur asseblief per e-pos aan info@cultivaria.com of dien CV persoonlik by De Oude Paarl Hotel, Hoofstraat 132 , Paarl, in.
5. Geen telefoniese navrae sal hanteer word nie.
More
News
|