Dienstegnikus
2006-08-23
H. G. MOLENAAR & CO.
Dienstegnikus
Ons benodig die dienste van ‘n jong en selfgemotiveerde persoon om bogenoemde pos te vul.
Die ideale kandidaat sal aan die volgende vereistes voldoen: • Minimum S1 sertifikaat • Beskikbaar en bereidwillig om te reis • Bereid om lang ure te werk indien nodig • Ondervinding van elektriese en meganiese werk sal as aanbeveling dien • Baie goeie kommunikasievermoë • Skakel met kliënte • Diensaanvaarding 1 September 2006
U sal verantwoordelik wees vir die instandhouding van etiketteer- en kartonvervaardigingsmasjiene.
Vergoeding onderhandelbaar met pensioen, medies en 13de tjek as voordele.
Alleenlik geskrewe aansoeke met CV’s vir aandag: Wilhelm Smit, Posbus 895, Huguenot, 7645 of faks: (021) 871-1634
More
News
|