Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Betrekkings - Paarl Haven Skuiling

Betrekkings - Paarl Haven Skuiling
 
2006-09-13


Betrekkings - Paarl Haven Skuiling

Pos 1: Bestuurder - (Kontrakaanstelling) Prestasie-klousule

Vereistes: Toepaslike graad/diploma en ervaring in Maatskaplike Werk, Vaardigheid in Menslike Hulpbronne Bestuur, Finansiële Bestuur en Projekbestuur. Kommunikasievaardigheid in twee van die amptelike tale van die Wes-Kaap. Uitstekende interpersoonlike en leierskapvaardigheid.

Rekenaarvaardig. Geldige rybewys. Kennis en ervaring van mense en gemeenskapsinrigtings in ‘n Welsynomgewing.

Pligte: Oorhoofs verantwoordelik vir alle aspekte van die bestuur van skuiling.
Veral die Sosio-maatskaplike funksionering.
Skep van bewusmakingstrategieë.
Fondsinsameling
Projekte inisieer

Salaris: R60 000 - R72 000 per jaar onderhandelbaar

Pos 2: Maatskaplike werker

Vereistes: Graad of diploma in Maatskaplike werk.

Rekenaarvaardig. Bestuurslisensie.
Kommunikasievaardig in twee van die amptelike tale van die Wes-Kaap. Ten minste twee jaar ervaring met soortgelyke kliënte

Pligte: Die effektiewe funksionering van die sosiale komponent van Skuiling.

Die sleutelareas sluit in: Gevallestudie en Kliënteverteenwoordiging; Opstel en uitvoering van sosiale werkdiensplan; Groep- en Gemeenskapwerk; Pensioen en Algemene Administrasie; Opbou van Gemeenskapsverhoudinge; Verslagdoening; Koördineer en uitvoering van vaardigheidsprojekte.

Salaris R60 000 - R72 000 per jaar onderhandelbaar

Rig alle aansoeke aan:
Die Voorsitter, Paarl Haven Skuiling. Dui duidelik vir watter pos u aansoek doen.

Sluit CV en getuigskrifte saam met kort aansoekbrief in.
Ten minste TWEE verwysings.

Salaris en diensvoorwaardes sal onderhandel word afhangende van kwalifikasies en ervaring.

Indien u na 21 dae niks van ons hoor nie, aanvaar dat u onsuksesvol was in u aansoek. Sluitingsdatum vir aansoeke: 22 Sept 2006

Geen laat aansoeke of fakse sal aanvaar word nie.
Handig CV's persoonlik in by Nagskuiling, Ambagsvalleistraat.



More News
  • Administratiewe Pos
  • WAITERS
  • Meat Processing Expert / Block Man
  • Senior boekhouer
  • REGISTERED PROFESSIONAL OR STAFF NURSE
  • Occupational Therapist
  • De Oude Renbaan - Paarl
  • ADMINDAME-POSISIE
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za