ONTVANGSDAME
2006-09-13
PSG Konsult
PSG Konsult Beperk is ‘n filiaal van die PSG Groep, een van Suid-Afrika se voorste onafhanklike finansiële dienste-groepe wat op die JSE Sekuriteits-beurs genoteer is. PSG Konsult konsentreer op beleggings- en versekerings-advies, asook aandeleverhandeling en beskik oor die spesialiskennis van die Groep aangaande bate- en beleggingsbestuur.
ONTVANGSDAME
PSG Konsult Beperk beskik oor ‘n pos vir ‘n ontvangsdame by sy Paarl-kantoor.
KWALIFIKASIES/VEREISTES: Ten minste twee jaar ondervinding in kantoorontvangs en algemene administratiewe kantoorverpligtinge.
VERGOEDING: Salaris onderhandelbaar.
DIENSAANVAARDING: So spoedig moontlik.
Faks u aansoek, vergesel van ’n volledige curriculum vitae voor 25 September 2006 aan: PSG Konsult Bpk. Faks: (021) 872-7859 PSG is ’n goedgekeurde finansiële diensteverskaffer
More
News
|