ONTVANGS/ADMIN-ASSISTENT
2006-09-13
Shepherd
ONTVANGS/ADMIN-ASSISTENT
Shepherd is die mees bekende, en spesialis kommersiële en industriële eiendomsfirma in die Paarl-omgewing.
Die maatskappy se sukses is grootliks te danke aan die volgehoue ondersteuning van top sakelui en eiendoms- beleggers in die Boland-area.
Die dienste van 'n eerlike, vriendelike dame met 'n professionele voorkoms, tussen die ouderdom van 25 en 40 word benodig om onmiddellik diens te aanvaar.
VEREISTES • 100% Tweetalig • 100% rekenaarvaardig in Word, Excel en Internet • Vorige administratiewe ondervinding is 'n vereiste.
Verder behels die betrekking die volgende: • Hou van notules tydens vergaderings • Ontwerp van basiese advertensiemateriaal • Algemene kantoorbestuur • Administratiewe eiendombestuur
Die geskikte kandidaat moet aan die volgende voldoen: • Moet onder druk kan funksioneer • Hardwerkend wees • Moet eie inisiatief aan die dag lę • Oor puik kommunikasievermoëns beskik, in persoon, skriftelik en telefonies.
Salaris: R8000 p/m OHB plus 13de tjek
Asb. doen slegs aansoek indien u aan die vereistes voldoen.
Regssekretariële ondervinding sal in u guns tel. Stuur verkorte CV na linda@shepherd.co.za
More
News
|