Wingerdvoorman
2006-10-19
Ons kliënt, 'n leier in die wynbedryf en geleë tussen die Paarl en Franschhoek, benodig die dienste van 'n Wingerdvoorman
Die ideale kandidaat is geletterd en beskik oor ten minste vyf jaar ervaring in 'n soortgelyke betrekking.
Wingerdervaring, 'n geldige kode 10-rybewys en basiese rekenaargeletterdheid (MS Office) is verdere aanstellingsvereistes.
Die Wingerdvoorman rapporteer aan die Wynmaker en is verantwoordelik vir algemene wingerdwerk, wingerd- en personeeladministrasie, en toesighouding oor 'n personeel van sowat 20.
Die pos is ideaal vir 'n persoon met dryfkrag en energie, en ook die vermoë om gesag uit te oefen.
Rig u CV voor 23 Oktober 2006 aan yvette@jhg.co.za of skakel Cindy by 919-7635 vir meer inligting.
More
News
|