TEGNIESE/INSTANHOUDINGSBEAMPTE
2006-10-25
Profile Feeds Weens voortgesette positiewe groei, beskik ons tans oor 'n vakature vir die pos van TEGNIESE/INSTANHOUDINGSBEAMPTE In die Klapmuts-omgewing.
Die suksesvolle kandidaat moet oor die volgende minimum vereistes beskik.
1. Ten minste graad 12 of gelykwaardig. 2. Beskik oor bewese vaardigheid/kwalifikasie in terme van meganiese instandhouding. (Boilermaker/Fitter en Turner) 3. Moet instandhouding kan beplan en bestuur. 4. Moet oor eie vervoer beskik. 5. Moet bereid wees om naweekdienste en ongereelde ure te werk. 6. Moet ten volle tweetalig wees (Afrikaans en Engels). 7. Moet in spanverband kan saamwerk. 8. Moet kontakbare verwysings hê.
Kennis en ervaring van 'n Veevoerfabriek, sal as aanbeveling dien. Indien u beskik oor 'n kode-EC bestuurslisensie, sal dit as 'n verdere aanbeveling dien.
Indien u aan bogenoemde vereistes voldoen, kan u 'n verkorte CV faks aan die Personeelbestuurder by: (021) 875-5261.
Sluitingsdatum 3 November 2006.
(Indien u nie reaksie kry voor 17 November 2006 nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was)
More
News
|