Finansiële Bestuurder
2006-11-01
Paarl Gholfklub
Finansiële Bestuurder
Paarl Gholfklub bied 'n betrekking aan vir 'n finansiële bestuurder - hierdie pos is beskikbaar vanaf 1 Desember 2006.
Die klub bied hierdie interessante posisie aan tesame met 'n vergoedingspakket wat die senioriteit van die posisie weerspieël. Die kandidaat moet oor die volgende beskik: toepaslike kwalifikasie, ondervinding in die bedryf asook 'n rekeningkundige pakket.
Finansiële state moet op 'n maandelikse basis opgestel word en betyds voorgelê word en kontant en voorraad moet gekontroleer word. Die klub onderhou die reg om geen aanstelling te maak en slegs kandidate wat op die kortlys verskyn, sal gekontak word vir 'n onderhoud.
Aansoeke en CV's moet aan die Hoof Uitvoerende Direkteur, Paarl Gholfklub gestuur word via e-pos adres manager@paarlgolfclub.co.za of per faksnommer (021) 863-3660.
Aansoeke sluit op 20 November 2006.
More
News
|