KAFETERIA
2006-11-09
Boland Kollege PAARL KAMPUS KAFETERIA
Aansoeke word ingewag van belangstellendes om kafeteria-dienste op die twee persele van Boland Kollege Paarl Kampus te bedryf.
Daar sal van die suksesvolle kandidaat verwag word om te alle tye die kafeteria te bedryf wanneer die kollege operasioneel is.
Die kafeteria sal nie volle etes verskaf nie, maar slegs ligte verversings (bv. toebroodjies, skyfies, koeldranke, ens.).
Die huurder sal self vir die elektrisiteitverbruik verantwoordelik gehou word. Minimum huur van R500 per maand sal deur die huurder aan Boland Kollege betaal word. Die huurbedrag sal na een jaar hersien word.
Die ooreenkoms sal aan die hand van ‘n kontrak gefinaliseer word.
Belangstellendes word versoek om ‘n sakeplan, saam met ‘n skriftelike aansoek in te dien nie later as Vrydag 24 November 2006 by: Mnr I Hartman, Privaatsak X3027 Pleinstraat, PAARL, 7620 e-posadres - iwanh@bolandcollege.com
More
News
|